Vraagtekens

Vraagtekens

by Deleted user -
Number of replies: 1

Ek is besig met my 4de vak op jaarvlak 4.  Ek raak benoud, want hoe verder ek vorder met my studiemateriaal en hoe meer inligting ek in neem,hoe meer dink ek ek het darem verskriklik groot probleme in myself.  Hoe kan ek ander mense wil help as ek met soveel dinge van my eie sit!  Is daar nog iemand wat dieselfde ervaar? 

In reply to Deleted user

Re: Vraagtekens

by Elize Malherbe -

Hi Corli!

Ek het beslis al baie dieselfde gevoel ervaar! Tog is dit die toerusting vir ons om met ander mense te kan werk!

Sien dit so: jy het die stap geneem deur hierdie studies  om  ook jou belewenisse deur te werk en juis vanuit hierdie persoonlike ervarings sal jy soveel meer begrip en insig vir ander kan he.  Jy word toegerus om vanuit 'n breer perspektief na ander te kan kyk.

Terselfdertyd kry ons die kans om pro-aktief iets te doen wanneer ons bewus word van ons eie denk- emosie- en gedragspatrone, sodat ons dit kan aanpas en nuutmaak as dit nodig is.

Dit bly 'n reis- maar dis een wat jou vorentoe vat!