Vraagtekens

Re: Vraagtekens

by Elize Malherbe -
Number of replies: 0

Hi Corli!

Ek het beslis al baie dieselfde gevoel ervaar! Tog is dit die toerusting vir ons om met ander mense te kan werk!

Sien dit so: jy het die stap geneem deur hierdie studies  om  ook jou belewenisse deur te werk en juis vanuit hierdie persoonlike ervarings sal jy soveel meer begrip en insig vir ander kan he.  Jy word toegerus om vanuit 'n breer perspektief na ander te kan kyk.

Terselfdertyd kry ons die kans om pro-aktief iets te doen wanneer ons bewus word van ons eie denk- emosie- en gedragspatrone, sodat ons dit kan aanpas en nuutmaak as dit nodig is.

Dit bly 'n reis- maar dis een wat jou vorentoe vat!